Die sintaktiese strukturering is bepalend vir ‘n dekodering van die semantiese inligting in enige gesproke of geskrewe TEKS, aangesien betekeniseenhede as ‘t ware “sigbaar” gemaak word binne sinne en sinsnedes. (Vgl. KODE.) Woorde en woordgroeperings word saamgevoeg in groter eenhede, sodat dit vir die taalgebruiker moontlik word om samehangende teksgedeeltes te begryp. In groter tekstuele eenhede soos literêre tekste, word sinne in groter eenhede soos STROFES, paragrawe of hoofstukke saamgegroepeer om die leser in staat te stel om ‘n oorsig oor steeds groter gedeeltes van die teks te verkry. Samehangend met hierdie basiese funksie van groepering of organisering word die leser ook nog deur ander sintaktiese middele gerig in sy dekodering van die semantiese inligting in tekste. Poëtiese taalgebruik word bv. gekenmerk deur ‘n intensiewe en buitengewone eksploitasie van sintaktiese mid-dele, sodat die (metaforiese) inligting in ‘n gedig dikwels medebepaal word deur effekte van sintaktiese vooropstelling soos aksentuering, hiërargisering, aksentverskuiwing, meerduidigheid, SEMANTISERING en verbandlegging. Hierdie funksies kan afsonderlik of gesamentlik deur o.a. die volgende tipes sintaktiese vooropstelling bewerkstellig word: (1) die oortreding van bepaalde reëls wat in standaardtaalgebruik geld vir die konstituering van grammatikale sinne; (2) die eksploitasie van vorme van herha-ling en patroonvorming en (3) die verhouding tussen sintaktiese snitte en tipografiese afbakenings. (Vgl. VERVREEMDING.) Verskuiwing, delesie en seleksionele afwyking is drie manifestasies van reëloortreding wat as vorme van sintaktiese afwyking vooropgestel is. Die rangskikking van die fundamentele konstituente van ‘n sin in ongewone opeenvolgings lei tot mededelings wat nie moontlik sou wees binne grammatikale sinne nie. Juis omdat die leser gedwing word om die effekte van nuwe relasies tussen woorde te ondersoek, kom hy tot die besef dat die ongrammatikaliteit lei tot ‘n produktiewe meerduidigheid. Die leser word bewus van hierdie meerduidige aanbod van gegewens wanneer twee analitiese stappe uitgevoer word: in die eerste plek ‘n rekonstruksie van die normale of grammatikale vorm waarvan daar afgewyk is met die verskuiwing; in die tweede plek ‘n tak-sering van die nuwe betekenisassosiasies wat geïmpliseer word deur die funksionele afwyking van standaardtaalgebruik. ‘n Analise van sintaktiese verskuiwing moet dus noodwendig die interpretasie van (metaforiese) inligting in ‘n poësieteks bëínvloed, soos blyk uit die volgende reels uit Strydom se “Droogte”: (1) “in die geruis van die aandwind/
het die wolke melkwit gaan wandel” (A = argument;
A FE FE
FE = fokusekspressie.) (Vgl. METAFOOR.) As gevolg van die verskuiwing van “melkwit” in die tweede versreël, funksioneer dit soos ‘n adverbium wat die “gaan wandel” verder omskryf i.p.v. soos ‘n adjektief vir “wolke” in die “grammatikale” rekonstruksie “het die melkwit wolke gaan wandel”. Hierdie twee moontlike lesings van die tweede versreël impliseer dat die gunstige metaforiese inligting van “melkwit”, nl. dat dit as ‘n voedsame vloeistof gesien kan word, betrekking het op sowel die “wolke” (argument) as die “gaan wandel” (kwalifiserende fokusekspressie vir die argument “wolke”). Dit beteken dan dat nie net die vermoë tot verligting van die droogte nie maar inderdaad ook die daad wat daardie verligting kan laat realiseer in die vooruitsig gestel word deur die sintakties-metaforiese inligting van die tweede reël in die gedig. Dit is duidelik dat die verskuiwing lei tot produktiewe meerduidigheid wat die metaforiese inligting tegelyk uitbrei en nader spesifiseer.
Soos dit by verskuiwing die geval is, kan ook die delesie of weglating van verwagte elemente uit ‘n bepaalde sinskonstruksie nuwe verhoudings en gevolglik ook ongewone betekenisassosiasies tussen die oorblywende konstituente in ‘n sin bewerkstellig. Die leser voer weer eens twee analitiese stappe uit om die twee moontlike lesings te dekodeer: in die eerste plek ‘n herwinning van die weggelate konstituent en ‘n gevolglike taksering van die mededeling van die volledige sinskonstruksie; in die tweede plek ‘n interpretasie van die ongewone betekenisassosiasies wat gegenereer word deur die nuwe verhouding tussen die oorblywende konstituente. Semantiese meerduidigheid kan dus ook deur delesie bewerkstellig word.
Delesie van die laaste item in ‘n reeks kan egter ook lei tot semantisering wanneer die relevering van die voorlaaste item in die reeks resulteer in ‘n veranderde grammatikale funksie en ‘n nuwe semantiese inhoud. So ‘n funksieverandering van woordsoorte en ‘n daarmee gepaardgaande semantisering kom gewoonlik voor wanneer die gereleveerde item in ‘n delesie ‘n vorm van die infinitief “om te hê” of “om te wees” is, soos bv. in die laaste versreël van Stevens se “The snow man”: (2) “Nothing that is not there and the nothing that is.” Soos dit gewoonlik met verskuiwing en delesie die geval is, het die bostaande reël twee moontlike lesings: in die eerste geval word die volledige grammatikale sin gerekonstrueer; in die tweede geval word rekenskap gegee van die effek van die maksimale vooropstelling van die kopula “is”. Onder druk van die voorafgaande gedeelte vul die leser eerstens ‘n “there” na die kopula “is” in – “the nothing that is there”. Aangesien die kompleterende gedeelte van die kopula ontbreek, funksioneer “is” egter ook soos ‘n selfstandige werkwoord met die betekenis van “om te bestaan/om te lewe”. Vanaf die semantisering van “is” is dit ‘n klein stap na die metaforisering van die hele gedeelte, sodat die “lewende niks” van die winterlandskap uiteindelik metafories gestel word.
+Nomen
A FE
Die nominalisering van “above” impliseer dat dit sou kon verwys na iets soos ‘n hemelliggaam of ‘n verteenwoordiger van ‘n hemelruim. Dit is duidelik dat semantisering van ‘n preposisie teweeg-gebring word deurdat dit soos ‘n nomen funksioneer binne die verskuiwing in die gedig. Die stap na metaforisering is dan ‘n logiese een as die interaksie tussen die argument “above” en die fokusekspressie “was always fall” nagegaan word — die argument “above” word ‘n vehicle vir‘n hemelse mag wat aan gedurige val onderhewig is.
By ‘n oortreding van grammatikale reëls in sintaktiese strukture binne die poësie word die beperkings van grammatikale konstruksies doelbewus deurbreek en die sintaktiese vooropstelling is herkenbaar as verskillende vorme van sintaktiese afwyking. Dit is asof die digter die wetmatighede van die taal ontoereikend vind en slegs effektief kan kommunikeer as hy buite hierdie wetmatighede opereer. Sintaktiese vooropstelling in poëtiese taal-gebruik kan egter ook bewerkstellig word deur ‘n teenoorgestelde prosedure – i.p.v. ‘n deurbreking van te beperkende wetmatighede word juis ekstra beperkings geplaas op die onderliggende reëlmaat van grammatikale konstruksies. Die sintaktiese vooropstelling is nie meer herkenbaar as verskillende vorme van sintaktiese afwyking nie maar word gekenmerk deur die eksploitasie van vorme van herhaling wat lei tot ekstra patroonvorming en ‘n buitengewone reëlmaat in die sintaktiese strukture binne poëtiese taalgebruik.
Hierdie ekstra patroonvorming en buitengewone reëlmaat behels ‘n deurkruising van die sintagmatiese en PARADIGMATIESE ordeningsprinsipes in ‘n taal en veronderstel die projeksie van die ekwivalensiebeginsel vanaf die seleksionele of paradigmatiese in die kombinatoriese of sintagmatiese as (Jakobson, 1960). Hierdie stelling van Jakobson kan geïllustreer word met verwysing na die volgende reëls uit verskillende strafes van Opperman se “Man met flits”:
(4) In die klein wit kol/ van my wete stol
uit die klein wit skyn/ van my flits verdwyn
Die sintagmatiese ordening van die twee strafes is presies dieselfde, nl. preposisie, determinant, adjektief, adjektief, no-men/proposisie, pronomen, nomen en verbum in elke geval. Nie net is presies dieselfde woordklasse in presies dieselfde volgorde herhaal nie, maar daar is ook semantiese ekwivalensie tussen die verskillende woordklasse in dieselfde sintaktiese posisies. Die identiese herhaling van die, klein, wit, van en my buite rekening gelaat, is daar ‘n sinonieme verband tussen die nomina kol, skyn en wete, flits (die wete (tenor) word binne die gedig metafories geïdentifiseer met ‘n flits (vehicle)) en ‘n antonfeme relasie tussen die preposisies in, uit en die verba stol, verdwyn.
In die eerste reël is die nomina “day” en “night” semanties ekwivalent as die teenoorgestelde pole van dieselfde 24-uur tydperk, maar die nomina “man” en “wind” in sintakties ekwivalente posisies voor die preposisionele frases is nie sinonimies of antonimies verwant in natuurlike semantiese ekwivalente vorme nie. In die konteks van die tweede reël in (5) hierbo word dit egter duidelik dat sowel “man” as “wind” instrumente van geweld is en gesamentlik verantwoordelik is vir die vernietiging van groei en vreugde in die natuur. Onder druk van die patroon in die eerste reël, waar die semantiese ekwivalensie tussen “day” en “night” op betekenisopposisie berus, word die funksionele uiteenlopendheid van die gewelddadige vernietigers “man” en “wind” belig. Hierdie twee agente is weliswaar semanties ekwivalente omdat hulle dieselfde aksies uitvoer; as twee uiterste pole van dieselfde soort aksie vestig hierdie gekoppelde nomina egter dan die aandag van die leser op die allesomvattendheid van die aard van die agente van gewelddadige aksies in die gedig – die konkrete en menslike sowel as die abstrakte en bo-menslike word betrek, sodat die aksies wat uitgevoer word daardeur ‘n meer universele karakter verkry.
(6) “A process is like weather/darkness” uit die argumente
Tenor Vehicle
van verskillende strofes in Dylan Thomas se “A process in the weather of the heart” kan afgelei word uit die eenderse sintaktiese posisies wat hierdie subjek-NP’s binne parallelle sinskonstruksies beklee. Die funksie van verbandlegging in sintaktiese vooropstelling belig dus ook die noodsaaklikheid om die vertikale interaksie tussen metaforiese gespesifiseerde argumente in ‘n poësieteks na te gaan.
Sintaktiese vooropstelling word volgens die voorafgaande bespreking gemanifesteer as of vorme van sintaktiese afwyking of grade van patroonmatigheid. Woorde word dus in poëtiese taalgebruik op ‘n opvallende manier gekombineer in sintaktiese eenhede wat op een of ander manier onderskei kan word van die algemeen geldige vorm van standaardtaalgebruik. Die groepering van woorde of leksikale items in groter eenhede word in poëtiese taalgebruik egter nie slegs bepaal deur die eiesoortigheid van sintaktiese afwykinge of ekstra patroonvorming nie. ‘n Distinktiewe kenmerk van poëtiese taalgebruik is juis die eksploitasie van tipografies waarneembare eenhede wat sorg vir addisionele kombinasiemoontlikhede van leksikale items. Die individuele woorde in enige gedig word daarom opgeneem in ten minste twee groter groeperings: die van die sintaktiese snit en die van die VERS. In sommige gedigte word die afsonderlike vers weer opgeneem in die ‘n groter eenheid van die strofe, sodat in die tipe gedigte daar drie eenhede is waarbinne leksikale items opgeneem word: sintaktiese snitte (frases of volledige sinne), versreëls en strofes.
Tenor is simple like a monument” en eindig met:
Fokus Vehicle
“And maps can really point to places/ Where life is evil now:/ Nanking; Dachau.” Vehicle Vehicle
Die sentrale tenor-vehicle-relasie word in die eerste versreël van die gedig uitgedruk as ‘n globale paradigmatiese verhouding wat in die oppervlaktestruktuur van die sin gereflekteer word. (Vgl. DIEPTESTRUKTUUR EN OPPERVLAKTESTRUKTUUR.) Die leser hoef dus nie die globale tenor-vehicle-relasiete rekonstrueer uit ‘n analise van die interaksie tussen metaforiese konstruksies en hulle onderdele (argumente en fokusekspressies) nie, want die tenor-vehicle-verbinding word eksplisiet in die eerste vers aangedui. Dit is wel belangrik dat die lokale interaksie tussen die twee argumente “war” en “monument” en die fokusekspressie “simple” nagegaan word. Met ander woorde, dit lyk asof die leser sou kon volstaan met ‘n analise van die lokale interaksie tussen tenor, fokus en vehicle wat sintakties uitgedruk is in een vers. So ‘n oënskynlike interpretasieprosedure het egter globale implikasies, aangesien die volgende mededelings in die gedig dan geïnterpreteer word as “simple”: dit is maklik of eenvoudig vir ‘n telefoon om met ‘n man te praat, vir vlae om aan te dui waarheen troepe gestuur moet word en vir ‘n seun om as deel van sy daaglikse roetine melk aan te dra. Kortom, die beplanning van oorlog is volgens die tipografiese afbakening van die eerste strofe in die gedig “eenvoudig” en “maklik”: (9)(i) “Here war is simple like a monument:/ A telephone is speaking to a man/ Flags on a map assert that troops were sent/ A boy brings milk in bowls. There is a plan.” Die fokusekspressie “simple” aan die begin van die gedig lei die leser dus om opeenvolgende metaforiese konstruksies en ander mededelings in die gedig in ‘n bepaalde lig te sien. Dit lyk asof die raakpunt tussen die tenor “war” (waarom dit eintlik gaan) en die vehicle “monument” (waardeur die tenor metafories gekarakteriseer word) die maklike en eenvoudige beplanning van oorlog is. ‘n Mens kan sê: eenvoud kenmerk die verskynsel oorlog en sy beplanning. So ‘n interpretasie word egter ingrypend gewysig deur die gegewens in die sestet wat kulmineer in die twee name in die laaste vers van die gedig in (9) hierbo. Pas teen die einde van die gedig word die werklike “inhoud” van die vehicle “monument” onthul as die verskriklike bakens van menslike vernietiging. Die gemaklikheid waarmee oorlogsplanne gemeganiseer word, word hierdeur retrospektief ontmasker as ‘n meganisering wat die totstandkoming van die verskriklike resultate van oorlog, die eintlike monument Nanking en Dachau, iets alledaags, gewoons en geroetineerds maak.
Dit is duidelik dat sintaktiese vooropstelling die leser se dekodering van die semantiese inligting in ‘n poësieteks beduidend beïvloed. Vorme van sintaktiese vooropstelling sorg afsonderlik of gesamentlik vir aksentuering, aksentverskuiwing, hiërargisering, meerduidigheid, semantisering en verbandlegging t.o.v. die (metaforiese) inligting in poëtiese tekste.
Bibliografie
Baker, W. 1967. Syntax in English Poetry 1870-1930. Berkeley: University of California Press.
Fairley, I. 1975. e.e. cummings and Ungrammar: A Study of Syntactic Deviance in his Poems. New “fork: Watermill.
Geggus, R. 1961. Die wit in diepoësie: ‘n ondersoek na diefunk-sionaliteit van die wit in die visuele aanbod van hedendaagse poësie. Amsterdam: Heijnis.
Grabe, I. 1984a. Aspekte van poëtiese taalgebruik: verkenning en toepassing. Potehefstroom: PU vir CHO.
Grábe, I. 1984b. Sintaksis in die poësie/Syntax in Poetry. Port Elizabeth: UPE.
Greenfield, S. 1967. Grammar and meaning in poetry. PMLA, 82.
Jakobson, R. 1960. Concluding statement: linguistics and poetics. In: Sebeok, T. (ed.). Style in Language. Cambridge, Mass.: MIT Press.
Levin, S.R. 1962. Linguistic Structure in Poetry. The Hague: Mouton.
Levin, S.R. 1965. Internal and external deviation in poetry. Word, 21.
Widdowson, H.G. 1972. On the deviance of literary discourse. Style, VI.
Raadpleeg ook:
Adams, J. 1984. Yeats and the Masks of Syntax. New York: Columbia University Press.
Austin, T.R. 1984. Language Crafted: A Linguistic Theory of Poetic Syntax. Bloomington: Indiana University Press.
Moore, P. 1986. William Carlos Williams and the Modernist attack on logical syntax. ELH, 53(4).
Ina Grabe